Vryheid van vrees


  • Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees? Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n rots. -
    Psalm27:1, 5
  • Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.-
    Psalm 34:4
  • maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.-
    Spreuke van Salomo 1:33
  • Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos. -
    Jesaja35:4
  • Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.-
    Jesaja 41:10
  • Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! -
    Romeine 8:15
  • Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. -
    II Timoteus 1:7
  • God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.-
    Psalm 46:1-3
  • Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen? -
    Psalms 56:3, 4
  • Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! -
    Psalms 91:5, 6
  • as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. -
    Spreuke van Salomo 3:24
  • Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die HERE. -
    Jeremia 1:8
  • Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. -
    1Johannes 4:18
  • Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen? -
    Hebreërs13:5, 6
  • Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. -
    Johannes 14:27
  • Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.-
    Hebreërs 2:14, 15