Vergifnis en bitterheid


  • Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
    Matteus 6:14, 15
  • En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp. -
    Lukas 23:34
  • En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
    Johannes 8:11
  • Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
    Jesaja 43:25
  • Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
    Matteus 5:7
  • Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.
    Hebreërs 8:12
  • Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
    Matteus 18:21, 22
  • As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
    1 Johannes 1:9
  • So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
    Psalm 103:12
  • Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
    Levitikus 19:18
  • By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
    Psalms 18:25
  • Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
    Psalms 86:5
  • Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,dan sal jy genade vind en ‘n goeie insig in die oë van God en die mense.
    Spreuke van Salomo 3:3, 4
  • So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.
    Matteus 18:35
  • En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
    Markus 11:25
  • En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
    Lukas 6:37
  • Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
    Effesiërs 4:32
  • Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
    Kolossense 3:13
  • en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.
    Hebreërs 12:15