Volharding


  • Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;
    Spreuke van Salomo 27:23
  • En uitlanders sal jou mure bou, en hulle konings sal jou dien; want in my toorn het Ek jou geslaan, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm.
    Jesaja 60:10
  • Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg.
    Esegiël 34:11
  • Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.
    Johannes 21:16
  • Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
    1 Korintiërs 3:6, 7
  • Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
    1 Korintiërs 3:10
  • As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ‘n groot saak as ons julle stoflike goed maai?
    1 Korintiërs 9:11
  • Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
    2 Korintiërs 9:6
  • en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.
    2 Timoteus 2:2
  • Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;
    1 Petrus 5:2