Dissipline


  • want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.
    Spreuke van Salomo 3:12
  • Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
    Spreuke van Salomo 13:24
  • Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.
    Spreuke van Salomo 19:18
  • As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.
    Spreuke van Salomo 22:15
  • Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.
    Spreuke van Salomo 23:13
  • Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.
    Kolossense 3:21
  • een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.
    1 Timoteus 3:4
  • En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
    Hebreërs 12:5-9