Slegs afhanklik van die Here


  • Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
    Eksodus 14:13, 14
  • As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, ‘n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou.
    Deuteronomium 20:1
  • En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.
    Deuteronomium 31:8
  • Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.
    Josua 23:10
  • Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ‘n mens oorwin nie deur krag nie.
    1 Samuel 2:9
  • Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.
    1 Samuel 14:6
  • Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.
    1 Samuel 17:47
  • Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom. By hom is ‘n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.
    2 Kronieke 32:7, 8
  • My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
    Psalms 17:5
  • Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.
    Psalms 26:1
  • Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid.
    Psalms 60:11
  • Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
    Psalms 62:5
  • Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.
    Psalms 84:5, 7
  • Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE.Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie. Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien.
    Psalms 112:7, 8
  • Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
    Psalms 118:8
  • Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.
    Psalms 143:8
  • Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
    Spreuke van Salomo 3:5, 6
  • In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
    Jesaja 30:15
  • Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.
    Sagaria 4:6
  • Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
    Johannes 15:5
  • Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
    1Johannes 5:4