Vrymoedigheid en oortuiging


  • Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.
    Psalms 119:46
  • Die vrees vir die mens span ‘n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.
    Spreuke van Salomo 29:25
  • o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op ‘n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!
    Jesaja 40:9
  • Die Here HERE het My ‘n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde;
    Jesaja 50:4
  • Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.
    Jeremia 1:7
  • Jou voorhoof maak Ek hard soos ‘n diamant, harder as ‘n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle ‘n wederstrewige huis is.
    Esegiël 3:9
  • Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
    Matteus 5:14, 15
  • Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
    Matteus 5:16
  • Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.
    Markus 8:38
  • maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
    Die handelinge van die apostels 1:8
  • En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.
    Die handelinge van die apostels 4:13
  • Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.
    Die handelinge van die apostels 5:29
  • Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
    Romeine 1:16
  • en vir my, sodat ‘n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,waarvoor ek ‘n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.
    Effesiërs 6:19, 20
  • maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.
    1 Tessalonisense 2:4
  • Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God
    2 Timoteus 1:8
  • Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.
    Titus 2:15
  • en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
    1 Petrus 2:12