Geloof


  • Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
    Romeine 10:17
  • Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
    Spreuke van Salomo 3:5, 6
  • En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
    Markus 9:23
  • Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
    2 Korintiërs 5:17
  • Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
    Lukas 1:37
  • Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.
    Matteus 9:29
  • Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
    Hebreërs 11:1
  • En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
    Jakobus 1:5-8
  • En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
    Hebreërs 11:6
  • Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
    Jakobus 2:26
  • en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.
    Romeine 14:23
  • Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.
    Hebreërs 10:38
  • Kyk, al wil Hy my ombring—ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
    Job 13:15
  • In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
    Jesaja 30:15
  • As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.
    2 Timoteus 2:13
  • Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
    1 Johannes 5:4
  • Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
    Effesiërs 6:16
  • En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
    Matteus 17:20
  • die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
    Hebreërs 12:2
  • Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
    Romeine 5:1
  • Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.
    Markus 11:22
  • Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap,en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
    1 Petrus 1:6-9