Liefde


  • En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
    1 Korintiërs 13:13
  • En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.Dit is die eerste en groot gebod.En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
    Matteus 22:37-40
  • Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    Johannes 3:16
  • Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek.
    1 Petrus 4:8
  • Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
    1 Johannes 3:16-18
  • Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
    1 Johannes 4:7, 8
  • Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
    Galasiërs 5:14
  • As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
    Johannes 14:15
  • Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
    Matteus 25:40
  • Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
    Matteus 7:12
  • Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
    Kolossense 3:13, 14
  • Laat alles by julle in liefde geskied.
    1 Korintiërs 16:14
  • Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
    Johannes 15:13
  • Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
    1 Johannes 4:19
  • Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dingeof hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
    Romeine 8:38, 39
  • ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
    Johannes 13:34
  • Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
    Johannes 14:21-24
  • Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
    Romeine 12:9
  • Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.
    1 Johannes 4:11
  • En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.
    1 Johannes 4:21