Geluk


  • Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.
    Psalms 5:11
  • U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
    Psalms 16:11
  • want ‘n oomblik is daar in sy toorn, ‘n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.
    Psalms 30:5
  • Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
    Psalms 126:5
  • Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
    Psalms 128:1, 2
  • en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.
    Jesaja 35:10
  • Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
    Johannes 15:11
  • Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
    Romeine 14:17