Sterkte en krag


  • want dit is die HERE julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.
    Deuteronomium 20:4
  • Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het.
    1 Kronieke 28:20
  • By hom is ‘n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.
    2 Kronieke 32:8
  • Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
    Psalms 8:2
  • Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur.Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil. God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.
    Psalms 18:29, 30, 32
  • Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.
    Psalms 20:7
  • o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie….Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
    Psalms 27:13, 14
  • Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.Die HERE is ‘n sterkte vir hulle, en Hy is ‘n vesting van verlossing vir sy gesalfde.
    Psalms 28:7, 8
  • Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.
    Psalms 37:39
  • Al beswyk my vlees en my hart—God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
    Psalms 73:26
  • Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.
    Psalms 84:5, 7
  • Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.
    Psalms 118:14
  • My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.
    Psalms 119:28
  • Want U was ‘n vesting vir die arme, ‘n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; ‘n skuilplek teen die stortreën, ‘n skaduwee teen die hitte—want die geblaas van die tiranne is soos ‘n stortreën teen ‘n muur.
    Jesaja 25:4
  • Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
    Jesaja 40:29
  • Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
    Jesaja 41:10
  • Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
    Matteus 19:26
  • Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
    Romeine 8:31
  • Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,
    2 Korintiërs 3:5
  • want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
    2 Korintiërs 10:4
  • En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
    2 Korintiërs 12:9, 10
  • dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,
    Effesiërs 3:16
  • Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
    Effesiërs 6:10
  • Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
    Filippense4:13
  • Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
    1Johannes 4:4
  • Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ‘n rots wat vir my te hoog is.
    Psalms 61:2
  • Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.
    Psalms 72:12
  • Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.
    Psalms 138:3
  • maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
    Jesaja 40:31
  • Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
    Josua 1:9
  • Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
    Jeremia 5:14
  • En Ek sal hulle sterk maak in die HERE, en hulle sal in sy Naam wandel, spreek die HERE.
    Sagaria 10:12
  • want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.
    Matteus 10:20
  • maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
    Die handelinge van die apostels 1:8
  • En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.
    Die handelinge van die apostels 4:13
  • Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
    1 Korintiërs 1:18
  • en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
    1 Korintiërs 2:4, 5