Resultate van lof


  • Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle beskutting.
    Nehemia 8:10
  • Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
    Psalms 50:23
  • Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.
    Psalms 89:15
  • En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.
    Jeremia 30:19
  • terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
    Die handelinge van die apostels 2:47
  • Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
    Filippense 4:6
  • Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
    Matteus 5:10-12
  • Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
    Lukas 6:22, 23
  • Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
    Johannes 16:33
  • Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.
    Die handelinge van die apostels 5:41
  • Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?
    Romeine 9:20
  • as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.
    2 Korintiërs 6:10
  • Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
    Filippense4:11
  • Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
    1 Tessalonisense 5:18
  • Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het.
    Hebreërs 10:34
  • vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap,
    1 Petrus 1:8
  • Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
    1 Petrus 3:14
  • maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
    1 Petrus 4:13, 16
  • Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!
    Psalms 32:11
  • o Regverdiges, jubel in die HERE! ‘n Loflied betaam die opregtes.
    Psalms 33:1
  • Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.
    Psalms 34:1
  • En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.
    Psalms 35:28
  • Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.
    Psalms 68:19
  • My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.
    Psalms 71:8
  • Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;
    Psalms 92:1, 2
  • Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
    Psalms 100:4
  • Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
    Psalms 103:1, 2
  • Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
    Psalms 107:8
  • en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
    Psalms 107:22
  • Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!
    Psalms 113:3
  • laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:
    Klaagliedere van Jeremia 3:41
  • Ek daarenteen sal aan U offer met ‘n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.
    JONAH 2:9
  • Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,
    Effesiërs 5:19, 20
  • Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
    1 Tessalonisense 5:18
  • Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
    Hebreërs 13:15
  • En ‘n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!
    Die openbaring 19:5