vrede


  • Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
    Genesis 15:15
  • Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede.
    Psalms 29:11
  • Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.
    Psalms 34:14
  • Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
    Psalms 37:11
  • Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.
    Psalms 37:37
  • Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.
    Psalms 119:165
  • Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.
    Psalms 120:7
  • As die HERE behae het in die weë van ‘n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
    Spreuke van Salomo 16:7
  • ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.
    Prediker 3:8
  • Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
    Jesaja 9:6
  • U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
    Jesaja 26:3
  • En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
    Jesaja 32:17
  • En al jou kinders sal deur die HERE geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.
    Jesaja 54:13
  • Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap.
    Jesaja 55:12
  • Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!
    Jesaja 57:21
  • Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie.
    Jesaja 59:8
  • En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! —terwyl daar geen vrede is nie.
    Jeremia 6:14
  • Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
    Jeremia 29:11
  • Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar ‘n oorvloed van duursame vrede.
    Jeremia 33:6
  • Die angs kom; en hulle soek vrede, maar dit is nie daar nie.
    Esegiël 7:25
  • naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE.
    Esegiël 13:16
  • En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.
    Daniël 8:25
  • Onverwags en in die vetste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir ‘n tyd.
    Daniël 11:24
  • Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!
    Nahum 1:15
  • My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.
    Maleagi 2:5
  • Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
    Matteus 5:9
  • en as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.
    Matteus 10:13
  • Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
    Matteus 10:34
  • En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom.
    Markus 4:39
  • En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.
    Markus 5:34
  • Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.
    Markus 9:50
  • om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.
    Lukas 1:79
  • Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!
    Lukas 2:14
  • En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.
    Lukas 7:50
  • En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!
    Lukas 10:5
  • Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
    Lukas 14:32
  • terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!
    Lukas 19:38
  • En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
    Lukas 24:36
  • Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
    Johannes 14:27
  • Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
    Johannes 16:33
  • aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
    Romeine 1:7
  • Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie. Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.
    Romeine 3:16-18
  • Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
    Romeine 5:1
  • Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
    Romeine 8:6
  • En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
    Romeine 10:15
  • as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
    Romeine 12:18
  • Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
    Romeine 14:17
  • Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.
    Romeine 14:19
  • En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!
    Romeine 15:13
  • En die God van vrede sy met julle almal! Amen.
    Romeine 15:33
  • Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
    1 Korintiërs 1:3
  • Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
    1 Korintiërs 7:15
  • want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.
    1 Korintiërs 14:33
  • Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
    2 Korintiërs 13:11
  • Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,
    Galasiërs 1:3
  • En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!
    Galasiërs 6:16
  • Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
    Galasiërs 5:22
  • Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
    Effesiërs 2:14, 15
  • en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
    Effesiërs 4:3
  • en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
    Effesiërs 6:15
  • En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
    Filippense 4:9
  • en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
    Kolossense 1:20
  • En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
    Kolossense 3:15
  • Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
    1 Tessalonisense 5:4
  • Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
    2 Timoteus 2:22
  • Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
    Hebreërs 12:14
  • Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
    Hebreërs 13:20
  • En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
    Jakobus 3:18
  • Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
    1 Petrus 3:11
  • En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.
    Die openbaring 6:4