Psalms
Hoofstuk 100
‘n Psalm. By die lofoffer.Juig voor die HERE, o ganse aarde!  
2 Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.  
3 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.  
4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.  
5 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.