Psalms
Hoofstuk 114
Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit ‘n volk met ‘n vreemde taal,  
2 het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.  
3 Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.  
4 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.  
5 Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?  
6 o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?  
7 Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,  
8 wat die rots verander het in ‘n waterplas, die keisteen in ‘n waterfontein!