Psalms
Hoofstuk 126
‘n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.  
2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.  
3 Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!  
4 o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.  
5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.  
6 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.