Psalms
Hoofstuk 121
‘n Bedevaartslied.Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?  
2 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.  
3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.  
4 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.  
5 Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.  
6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.  
7 Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.  
8 Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.