Psalms

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150


Hoofstuk 57

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. ‘n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het. (57:2)

Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.
2 (57:3) Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.
3 (57:4) Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.
4 (57:5) Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong ‘n skerp swaard is.
5 (57:6) Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!
6 (57:7) Hulle het ‘n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het ‘n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.
7 (57:8) My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.
8 (57:9) Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!
9 (57:10) Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.
10 (57:11) Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.
11 (57:12) Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!